Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 30 JUNIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van vier stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat die sleutels van Joe Sultz, ex-ZS6AQO, Claude Arnott, ZS2AZT, Richard Mecke, ZS1MRS en Gerald Menesses, ZS1GRM die afgelope twee weke stil geword het.

Joe, ZS6AQO het heengegaan in die week van 17 Junie op 95-jarige ouderdom. Ons betuig ons medelye aan sy familie en vriende.

Claude, ZS2AZT voorheen ZS6AZT, van Graaf Reinet is op Sondag 23 Junie 2019 oorlede. Ons meegevoel aan sy vrou Marge, familie en vriende.

Richard, ZS1MRS is op Dinsdag 25 Junie 2019 oorlede. Ons betuig ons medelye aan sy vrou, Mary, ZS1MMM, familie en vriende.

Gerald, ZS1GRM is op Donderdag 27 Junie 2019 oorlede. Ons meegevoel aan sy vrou, skoonseun Daniel, ZS1DEA, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

TWEE PLAASLIKE KOMPETISIES VOLGENDE NAWEEK

DIE SARL/AMSAT SA BHF WERKSWINKEL

en

DIE JULIE RADIO ZS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

Die Nuusspan verwelkom Herman Erasmus, ZS6CTA. Herman sal een van die Engelse bulletin lesers wees.

TWEE PLAASLIKE KOMPETISIES VOLGENDE NAWEEK

Die SARL Newbie QSO Geselligheid is 'n prettige aktiwiteit om alle nuwe radio amateurs aan te moedig om aktief te wees. As jy die RAE in Mei geskryf het, is hierdie kompetisie vir jou. Die QSO-Geselligheid word op Saterdag 6 Julie 2019 vanaf 08:00 tot 20:00 UTC gehou met foon aktiwiteite op 20, 40 en 80 meter. Die uitruiling en telling hang af van hoe lank jy 'n amateur is. Logstate in slegs MS Excel formaat moet ingedien word teen 15 Julie 2019 per e-pos aan ZS3VdK@webmail.co.za.

Die ZS5 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in KwaZulu-Natal en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Dit is 'n gelykgolf en foon kompetisie op 40 meter en vind plaas vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op Sondag 7 Julie 2019. ZS5-stasies sal 'n RS- of RST-verslag en hul dorp se naam of afkorting gee, ander stasies sal 'n RS of RST-verslag en hul provinsiale of lands afkorting gee. Logstate in die ADIF, Cabrillo of MS Excel met die naam "My roepsein ZS5 Naelloop" moet ingedien word teen 15 Julie 2019 per e-pos aan zs5contest@harc.org.za.

Die Excel-logstate kan gevind word op die kompetisie bladsy op die Liga-webblad. Die reëls verskyn op bladsy 43 en bladsy 60 van die 2019 SARL Blouboek.

PETISIE VIR REGULASIE VRA FCC OM 'N NUWE 8-METER AMATEUR BAND TE SKEP

Die FCC het openbare kennisgewing vir kommentaar op 'n petisie vir Regulasie (RM-11843) ingestel, wat daarop gemik is om 'n nuwe 8-meter amateur radio-toekenning op 'n sekondêre basis te skep. Die Petisie stel voor dat die nuwe band op 'n industriële-wetenskaplike-mediese (ISM) segment gesentreer kan word tussen 40,51 en 40,70 MHz. Die spektrum tussen 40 en 41 MHz word tans aan die Federale Regering toegewys en as sodanig binne die oogpunt van die Nasionale Telekommunikasie- en Inligting Administrasie (NTIA). ARRL-lid Michelle Bradley, KU3N, van Maryland, het die petisie in Mei ingedien.

Radio-amateurs in Suid-Afrika het reeds toegang tot die 8 meter-band tussen 40,675 tot 40,685 MHz slegs vir voortplantingsstudies.

DIE SARL/AMSAT SA BHF WERKSWINKEL

Die volgende SARL/AMSAT SA BHF-werkswinkel vind op Saterdag 20 Julie 2019 plaas vanaf 08:30 tot 13:30 by die Nasionale Amateur Radio Sentrum in Octavestraat, Radiokop. Registrasie begin om 08:30. Na die opening deur Nico, ZS6QL, vind die groot debat oor Horisontale teenoor Vertikale polarisasie onder leiding van Dick, ZS6BUN. Brian, ZS6YZ sal 'n opdatering gee op die 2 meter baken projek en Pine, ZS6OB bespreek antennas vir jou BHF-stasie. Hans, ZS6AKV sal oor die Weskus-voortplantings verskynsel praat en ter afsluiting sal Brian, ZS6YZ praat oor die Tru-baken Netwerk, Hans, ZS6AKV sal praat oor die HF Geraasvlak en Nico, ZS6QL sal praat oor waarom BHF en UHF is belangrik vir die toekoms van ons stokperdjie. Ligte verversings sal in die middel van die oggend bedien word. Die registrasiegeld is R50 vir SARL en AMSAT SA lede en R100 vir nie-lede. Om te registreer, volg die skakels op www.sarl.org.za

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat uitgesaai word via die Pretoria Amateur Radio Klub herhalernetwerk sowel as op 7 066 mhz vanuit Pretoria.

DIE JULIE RADIO ZS

Die Julie 2019-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Radio ZS-bladsy op die Liga-webwerf. In hierdie uitgawe kan jy meer lees oor Jeug in Amateur Radio met artikels oor die Reddam House Amateurradioklub in Kaapstad, die Jeugland Amateurradioklub in Kempton Park en die Jeug aktiwiteite tydens Ham Radio 2019 in Friedrichshafen.

Ly jy aan HTAS? En sal Mount Athos stil wees? Aan die BHF kant kan jy lees oor die 2 meter QSO tussen die Kaap Verdiese-eilande en Guadeloupe, ook 'n Turnstile-antenne vir 2 meter en 'n 137 MHz-antenna. Aan die HF kant kyk ons na antennas vir die lae frekwensies, die 2 200 en 630 meter-bande. En meer in hierdie 72 bladsy uitgawe.

AMSAT SA DUBBEL BAND YAGI NOU BESKIKBAAR VIR UITVOER

Na aanleiding van versoeke van baie amateurs buite Suid-Afrika, kan AMSAT SA die dubbele band Yagi vir uitvoer aanbied indien dit in 'n groep van 6 aangebied word. Dit is 'n ideale manier vir 'n klub of groep amateurs om een bestelling te plaas en voordeel te trek uit die deel van die koerier koste. Besonderhede is beskikbaar op www.amsatsa.org.za. Aflewering geskiet tussen 5 en 7 dae. Nuwe voorraad is binnekort weer beskikbaar. In Suid-Afrika kan die Yagi bestel word in enkel- of meervoudige eenhede. Tot 4 Yagis kan in een pakkie van Postnet na Postnet gestuur teen R120, insluitende verpakking.

KONTROLEER JOU QSLS OP DIE SARL WEBWERF

Wanneer laas het jy op die SARL-webwerf gekontroleer of jy enige elektroniese QSLs ontvang het? Gaan na www.sarl.org.za/saqsl/default.asp en volg die skakel. Miskien ontneem jy ‘n ander amateur om aansoek te doen vir toekennings omdat jy nie die QSLs wat aan jou gestuur is, erken nie.

HAM RADIO 2019 Sê 14 300 VAN 50 LANDE HET BYGEWOON

Terwyl radio amateurs in Noord-Amerika die naweek van 21 tot 23 Junie aan die ARRL Velddag deelgeneem het, het sowat 14 300 besoekers uit meer as 50 lande op die oewer van die Bodensee in Friedrichshafen, Duitsland vir HAM RADIO 2019 aangekom. Hierdie jaar was daar 184 uitstallers en Ledeverenigings uit 32 lande.

'n Groot kontingent van Jeug op die Lug (YOTA), 'n inisiatief van IARU Streek 1, het gehelp om die 2019 YOTA somer kamp te bevorder wat vanaf 11 tot 17 Augustus naby Sofia in Bulgarye gehou sal word. Gedurende HAM RADIO het jong amateurs die YOTA-vlag na elk van die stalletjies, wat deur lede van die Internasionale Amateurradiounie (IARU) georganiseer is, gedra om die skare aan te moedig om die jong amateurs te ondersteun.

Die SARL-span van Nico, ZS6QL en Koos, ZR6KF, was by Ham Radio 2019 om die YOTA-vlag en Morse Sleutel te oorhandig aan die BFRA-span van Panayot, LZ1US en Gergana, LZ1ZYL. Lees meer hieroor op bladsy 16 van die Julie Radio ZS. HAM RADIO 2020 vind plaas vanaf 26 tot 28 Junie 2020.

LIDMAATSKAP AANSOEKE

Die SARL het lidmaatskap aansoeke van Gerrit Dalhuysen, ZR1GDL; Glen Cummings, ZS2GV; Hardus van Bosch, ZS6VB; Neil Viljoen, ZSL-1204 en die Brakpan Radioklub, ZS6BRK ontvang. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga Sekretaris bereik voor die Woensdag na aanleiding van hierdie bulletin. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

1 Julie - die aanvang van SARL finansiële jaar en lidmaatskap betalings is verskuldig; die sluitingsdatum vir SARL Top Band QSO Geselligheid Logstate
06 Julie - die SARL Newbie QSO Geselligheid
07 Julie - die ZS5 Naelloop
13 Julie - die Radar Uitdaging en die registrasie vir die Oktober RAE open.
13 en 14 Julie - die IARU HF Kampioenskappe met ZS9HQ
14 Julie - die RSGB Krieket Wêreldbeker-marathon eindig, jou laaste kans om ZS19CWC te werk
17 Julie - die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop
20 Julie - die SARL/AMSAT SA BHF Werkswinkel by die NARC en die Winter QRP Kompetisie
21 Julie - die ZS2 Naelloop

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL Newbie QSO Geselligheid word op Saterdag 6 Julie 2019 vanaf 08:00 tot 20:00 UTC aangebied met foon aktiwiteite op 20, 40 en 80 meter. As jy die RAE in Mei geskryf het, is hierdie wedstryd vir jou. Die ZS5 Naelloop is 'n gelykgolf en foon kompetisie op 40 meter en vind plaas op Sondag 7 Julie 2019 vanaf 14:00 tot 15:00 UTC en 'n kans om daardie QSOs vir die Worked All ZS-toekenning te werk.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas met vergunning van Andy, ZS6ADY. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003